Die Trouvrou resepteboek bevat ‘n mengelmoes resepte van familie, vriendinne en ander wat Sylvia op haar lewenspad versamel het. Die fokus is hoofsaaklik op tradisonele Suid-Afrikaanse geregte. Dis ’n versameling wat enige skoonma sal trots maak op haar skoondogter.

Die boek is in drie afdelings ingedeel: Ouma se plaaskombuis, Mamma se dorpshuis en Sussie se “Flat”. Ouma dek ingewikkelder resepte soos koeksisters en wildspastei, resepte wat bietjie langer neem om voor te berei, Mamma is bietjie makliker met resepte soos Basaarkerrie en Pampoentert en Sussie s’n is sommer eenvoudig, met tientalle bymekaargooi disse.

Waar resepteboeke traditsioneel bont ontwerp word, is die Trouvrou Resepteboek jonk en vars met kleurpalette van groen en pink. Dit is ’n kombinasie van modern en nostalgies.

Die eerste uitgawe is uitgegee in 2016 en ons het binne 3 jaar meer as 2000 boeke verkoop sonder enige formele bemarking.  Die tweede uitgawe is uitgegee in 2020 en bevat al die resepte van die eerste uitgawe asook ekstra 35 resepte, nuwe bladuitleg en so paar ander mooi verrassings. Vanaf 2020 tot 2023 is reeds meer as 6000 boeke verkoop wat die totale verkope meer as 8000 maak.

Die 256 bladsye, volkleur, 20cm x 25cm, sagteband boek bevat 175 resepte en 65 volkleur fotos. Daar is oop bladsye tussen-in waar jy jou eie resepte kan inskryf.

Trouvrou Resepteboek Indeks

Die Trouvrou Resepteboek is die ideale geskenk vir ’n nuwe bruid, of vir enige dame wat haar kookvernuf na die volgende vlak toe wil vat vir wanneer skoonma kom kuier.

Bestel by ons aanlyn winkel of stuur epos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

 

  • Troukoors

Kontak besonderhede

Algemene Navrae / Bestellings & Versending:

Epos: info@trouvrou.co.za 
Foon: 071 538 8731

Posduif Subskripsie

Wil jy graag op hoogte bly van wat is nuut by Trouvrou? Teken hier aan en ons laat weet jou.