Die Trouvrou droom is gebore in die hart van ‘n Vrystaatse nooi met ‘n liefde vir onthaal, kook en alles wat mooi is. Sy glo vas dat stories rondom kos en ‘n mooi tafel gebeur. Stories van omgee en onthou. Die tyd het weer aangebreek om uitstappies na peperduur restaurante opsy te skuif en kuiers tuis as families en vriende rondom ‘n tafel te geniet.

“My hart met Trouvrou is om my ondervinding, passie en talente met jou op ‘n moderne, unieke manier te deel en jou sodoende toe te rus om gaste gesellig tuis te kan onthaal.”

Die kreatiewe tafel-idees en ongekompliseerde resepte wat gedeel word, is verseker makliker as wat dit lyk en sal jou inspireer om ‘n kuier vol selfvertroue aan te pak.

Storie agter trouvrou

Die eerste saadjie vir die Trouvrou Resepteboek is in 1994 geplant, toe ek nog in die Vrystaat op skoolbanke gesit het — ‘n titellose droom vir my aftrede.

Naweke is daar gebak en brou om resepte vir dié eendag te toets. En jare later het dié beproefde resepte handig te pas gekom toe ek ‘n handgemaakte resepteboek as troupersent vir vriendinne wou begin gee.

My liefde vir mooimaak en onthaal het ‘n “gehuiskuiery” ontluik. My disse is tallose kere ontvang met: “Ai, jy is darem ‘n regte trouvrou!” en ek wat antwoord met, “Nee, dis maklik”.

Hiermee saam het my gaste dikwels ongemaklik vir aansit nader gestaan en dan met ‘n skaam glimlag sê: “Jou tafel lyk pragtig, ons gaan jou eerder nie vir ete nooi nie”. Hierdie reaksies het my laat wonder hoe ek ander met dieselfde selfvertroue kan toerus?

Op ‘n pragtige herfsdag in Mei 2013, het die Trouvrou Resepteboek op ‘n stoep in die Karoo begin lyf kry.

Dit bevat ‘n mengelmoes resepte van familie, vriendinne en ander wat ek op my lewenspad versamel het. Die fokus is hoofsaaklik op tradisonele Suid-Afrikaanse geregte; ‘n versameling wat enige skoonma sal trots maak op haar skoondogter. 

Die boek is in drie afdelings ingedeel: Ouma se plaaskombuis, Mamma se dorphuis en Sussie se Flat. Ouma dek ingewikkelder resepte soos koeksisters en skaapboud, Mamma is bietjie makliker en Sussie s’n is sommer baie eenvoudig en het tientalle bymekaargooi disse.

Indien jy sou belangstel om so spesiale boek deel van jou kookversameling te maak, of die ideale geskenk vir ‘n geliefde wil bekom, klik hier

Span agter die Trouvrou Resepteboek

Sylvia Strauss

Sylvia Strauss

Stigter, konsep en ontwerp

Meer Inligting

Surene Lotter

Surene Lotter

Grafiese Ontwerper

Meer Inligting

Maryna Botha

Maryna Botha

Bestellings & Versending Jhb

'n Trouvrou is 'n God-vrou, 'n liefdes-vrou, 'n knap-vrou wat vir ewig hou...

- Hendi Wolmarans

Kontak besonderhede

Bestellings en Versending JHB:

Epos: jhb@trouvrou.co.za  
Foon: 083 377 9345

Algemene Navrae / Bestellings & Versending:

Epos: info@trouvrou.co.za 
Foon: 082 589 2220

Posduif Subskripsie

Jy wil graag op hoogte bly van ons resepte, wenke en ander trouvrou-stories.

Teken hier aan en ons stuur vir jou soos wat ons aangaan.