En einde ten laaste is Antjie Krog se woorde waar vir jou:
“en as ek die dag my hand in joune sit
sal ek my padkaarte bêre met die wete:
my reise op soek na jou is nou verby”
Jy het hom gevind. Die ridder op die witperd en die man wat jou hart warm laat klop. Jy is verlief en verlore en het dit als: troukoors, rooi hakskene en ‘n pragtige ring aan jou vinger. Jou groot dag is om die draai, maar jy het geen idee hoe om jou drome in ‘n werklikheid te omskep nie. Daar is ‘n magdom van keuses en idees en jy sukkel om die prentjie bymekaar te trek. Boonop is jy baie besig en skielik voel dit wat bestem was om ‘n wonderlike avontuur te wees na ‘n nagmerrie.
Trouvrou is die antwoord! Sit agteroor en laat ons toe om daardie droomtroue van jou vlerke te gee. Hetsy dit die A-Z beplanning van die groot dag, mooimaak of die blomme is; ons help met graagte.
Met meer as 100 troues agter die blad het ons die nodige kennis, ondervinding en kreatiwiteit om jou wense te bewaarheid.
Maak Trouvrou deel van jou liefdevolste herinneringe en verseker daardeur dat jou bruilofsfees dit is waarvan jy nog altyd gedroom het!