• Slide1

    Trouvrou is vir die moderne vrou met 'n nostalgiese hart

  • Slide2

    'n Trouvrou is permanente lente

  • Mzansi
  • Trouvrou 148
  • Website Update Cover Banner
  • Trouvrou Header

Ouma se plaaskombuis

Ouma se plaaskombuis

Trouvrou is vir die moderne vrou met 'n nostalgiese hart wat hunker na vervloë dae - 'n vrou wat  ewe tuis agter die kospotte as haar skootrekenaar is.

Trouvrou koester die onthoutye van Ouma se plaas waar die kraai van die haan haar wekker is; die reuk van krummelpap haar wakker kielie; die fluit van die koffiepot haar nader roep – met die
trommel beskuit wat staan en wag.

Sy het raakvathande wat koeksisters vleg, fyn hekeltafeldoeke  sagkens dek. Teen sonsak drink sy ‘n koppie tee uit duursame porselein, terwyl die draadloos in die
agtergrond blêr...

Mamma se dorpshuis

Mamma se dorpshuis

Trouvrou verlang na haar heldin-ma se dorpskombuis. Sy sien nog die meelwolk soos haar ma werskaf en sy rúík die kaneel.

Haar hart trek huis toe, veral op koue wintersdae... Bakke vol kerrie en koekstruif staan reg vir die kerkbasaar. Dis ook hier waar Pa se springbok in biltong en droëwors verander.

Padkospakkies met koue hoenderboudjies en gekookte eiers staan reg vir die langpad. Na “Noot vir Noot”, 'n laataandkuier om die kombuistafel met ‘n beker koffie en Ma se sjokeladekoek.

Salig!

Sussie se “flat”

Sussie se “flat”

Maar jy, Trouvrou, is jou eie mens.

Jy leef 'n kitsbestaan en Wi-Fi is jou suurstof. Jou kombuis is klein en jou tafel pas skaars in. Het jy maar notas by Ouma en Moeks gevat; die pad na 'n man se hart loop immers deur sy maag!

Jy leef in 'n wêreld van wegneemetes, mikrogolfdisse en papierplekmatjies. Jy is lief vir reis, uitgaan... Jy weet jou moderne leefstyl bring sy eie mooi.

Dis egter tyd om gister en vandag te verenig - om vroeëre dae opnuut in die kombuis te laat voortleef.

 

Met Trouvrou wil ek jou op reis neem van toe na nou.
Ek wys jou die beste van drie wêrelde...
Ouma se Plaaskombuis, Mamma se Dorpshuis en Sussie se Flat.


Kom reis saam en laat ons kook en mooi maak langs die pad.

 

Selfversekerd, passievol, 'n hartsvrou .... dit is 'n trouvrou, 'n ware houvrou.

- Tessa Karatouliotis

Kontak besonderhede

Algemene Navrae / Bestellings & Versending:

Epos: info@trouvrou.co.za 
Foon: 071 538 8731

Posduif Subskripsie

Wil jy graag op hoogte bly van wat is nuut by Trouvrou? Teken hier aan en ons laat weet jou.